
Eiendomsmark sal veerkragtig bly, vraag steeds hoog
Loading player...
Namibië se eiendomsmark sal na verwagting veerkragtig bly, aangesien volgehoue vraag na behuising steeds druk op pryse sal plaas. Dit is volgens die jongste FNB-huisprysindeks, wat met 7,6 persent op 'n 12-maande gemiddelde in die vierde kwartaal van verlede jaar gegroei het. Die nasionale geweegde gemiddelde huisprys het gedurende hierdie tydperk tot net meer as 1,42 miljoen Namibiese dollar gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die FNB Namibië-ekonoom Mandisa van Wyk oor die vooruitsigte gesels.

