
Konstruksiebedryf opgewonde oor Lüderitz-ontwikkelings
Loading player...
Lüderitz ervaar uiters goeie konstruksiegroei, gedryf deur die olie- en gas-, groenwaterstof- en akwakultuurbedrywe wat uitgebreide hawe-, pypleiding-, krag- en behuisingsontwikkelings vereis. Die dorp verwag ook die konstruksie van die Buchter Village Mall wat teen laat 2026 sal oopmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie gepraat. Sy sê hierdie ontwikkelings is 'n seën vir Namibië se konstruksiebedryf.

