
SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana
Loading player...
Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te stuit. Die premier sê 700 000 dosisse van die bek-en-klouseer-entstof word teen die einde van die maand van die Botswana-Entstofinstituut verwag.

