
Brande woed steeds in Kaapse Wynland
Loading player...
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens is saam met sy vennoot, CapeNature, steeds besig om 'n veldbrand by Du Toitskloofpas te bestry. Die woordvoerder Anesca Roodt sê die brand het Vrydagmiddag aan die Worcester-kant van die pas uitgebreek en oor 'n uitgebreide gebied in moeilike terrein gewoed. Sy sê teen Vrydagaand het die brand oorgewaai na die Paarl-kant van die pas:

