
Nujoma, Geingob was reuse, sê NNN in huldeblyk
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ontslape stigterspresident Sam Nujoma en wyle stigterspremier Hage Geingob vandag tydens ‘n herinneringseremonie by Helde-akker buite Windhoek as “reuse” in ontwikkeling van ‘n onafhanklike Namibië beskryf. Nujoma, wat drie termyne as president gedien het, is verlede Februarie oorlede. Geingob, wat in 2015 as die land se derde president ingehuldig is en twee termyne gedien het, het in Februarie 2024 gesterf.

