
Fosa vra Amerika om Agoa verder te verleng
Loading player...
Die Forum for South Africa doen 'n beroep op die Amerikaanse regering om 'n langertermyn-verlenging van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika in te stel om sekerheid en ekonomiese bestendigheid te verseker. President Donald Trump het 'n eenjaar-verlenging van Agoa vir Afrika-lande suid van die Sahara onderteken. Fosa-leier Tebogo Mashilompane beskou hierdie verlenging as 'n positiewe, hoewel tydelike, verligting vir Afrika-ekonomieë, veral Suid-Afrika wie se vervaardigings-, landbou- en motorsektore sterk staatmaak op belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark:

