
SA wil troepe uit DRK onttrek
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het VN-sekretaris-generaal Antonio Guterres ingelig oor die Suid-Afrikaanse regering se besluit om sy bydrae van soldate aan die Verenigde Nasies se Stabiliseringsmissie in die DRK terug te trek. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Suid-Afrika is een van die top tien troepe-bydraende lande aan die VN-missie, met meer as 700 soldate wat in die DRK ontplooi is ter ondersteuning van die missie se vredeshandhawingsmandaat.

