
Miljoene uit Japan gee landbou 'n hupstoot
Loading player...
Japan het bykans drie miljoen Amerikaanse dollar – sowat 48 miljoen Namibiese dollar – geskenk vir ‘n projek om boere te help om droogte die hoof te bied en voedselsekuriteit te verbeter. Ongeveer 6 000 huishoudings sal hierby baat. Die projek is Saterdag in samewerking met die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies en die landbouministerie op Otjiwarongo van stapel gestuur. Landbouminister Inge Zaamwani was een van die sprekers:

