
Naute-groenskema boer agteruit
Loading player...
Die Nautedam is tans op 79 persent van kapasiteit, maar die Naute-groenskema boer steeds agteruit. Intussen is die tender vir die konstruksie van kritieke opgradering van die waterinfrastruktuur in die Suide aan Adaptive Building Land Construction CC, 'n gesamentlike onderneming met China State Engineering Corporation toegeken. Kosmos 94.1 Nuus het met die Keetmanshoop-landelike raadslid Willem Labuschagne gepraat oor die groenskema.

