
Insekteplaag bedreig oeste in Zambezi
Loading player...
‘n Plaag Afrika-treksprinkane en herfskommandowurms teister steeds die Zambezi-streek en hou 'n beduidende bedreiging vir gewasse en voedselsekerheid in die gebied in. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van landbou, Simon Nghipandulwa, gepraat wat sê die ministerie help boere aktief om die plaag te beveg.

