Die GOOD-party vra die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, om 'n onmiddellike herevaluering en 'n tydelike staking van nywerheids-uitbreiding aan die Weskus voorop te stel. Kaden Arguile van GOOD sê amptelike kreefkwotas is vertraag, verkeerd bereken en onbetwisbaar gelaat, wat 'n reuse-verlies aan inkomste vir die…
ActionSA in Ekurhuleni het die inhegtenisneming verwelkom, van die adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die party vra verder ook vir die onmiddellike beëindiging van sy diens by die Stad. ActionSA se woordvoerder, Tumelo Tshabalala, sê die party is dankbaar vir die Madlanga-kommissie…
Die minister van wetenskap, tegnologie en innovering, Blade Nzimande, het die Nasionale Kantoor vir Intellektuele Eiendomsbestuur versoek om die beskerming van intellektuele eiendom te versterk, omdat Suid-Afrika en Afrika steeds reuse-lekkasies ervaar. Suid-Afrika het 'n ongekende toename in data-lekkasies aangeteken. Voorvalle het in die eerste helfte van verlede jaar met…
Die Namibia Deposit Guarantee Authority het hul 2025-verslag vrygestel en het positiewe groei getoon. Verlede jaar het die owerheid deelgeneem aan die nasionale krisissimulasie-oefening, voortgesette streeksbelanghebberbetrokkenheid en gevorderde strategiese vennootskappe deur samewerking met eweknie-instellings. Rakotoka Zaire, hoof-finansiëleontleder van die sentrale bank, het 'n oorsig oor die verslag.
President Cyril Ramaphosa vra vir die hervorming van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank en dat hulle nie net Westerse belange moet verteenwoordig nie. Ramaphosa het die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, Spanje, toegespreek tydens ‘n werksbesoek aan die land. Hy sê die twee instellings moet die skuldlas aanspreek…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.