Stryd teen bek-en-klou gaan nóg N$1,5 miljard kos

Loading player...
Landbouminister Inge Zaamwani sê Namibië sal 1,5 miljard Namibiese dollar benodig om voorkomings- en paraatheidsmaatreëls teen bek-en-klouseer te verskerp. Zaamwani het Dinsdag in die parlement gesê die toenemende nabyheid van uitbrekings in Suid-Afrika en Botswana vereis dringende en aggressiewe optrede. Zaamwani het verduidelik dat die bykomende 1,5 miljard dollar nodig is om die land se15 miljard dollar-veesektor te beskerm en toegang tot belangrike uitvoermarkte te verseker. Die kabinet het reeds ’n bykomende 57,5 miljoen dollar vir kritieke bek-en-klouseer maatreëls goedgekeur. Zaamwani het gewaarsku dat enige uitbreking in Namibië onmiddellike handelsbeperkings en langtermyn ekonomiese ontwrigting sal veroorsaak. Van die nuwe maatreëls sluit in:
11 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beveel Bryan Eiseb aan as nuwe ACC-hoof

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, aanbeveel vir die pos van direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie. Eiseb sal die leisels oorneem by Paulus Noa, wat die pos sedert die ontstaan van die kommissie in 2006 gelei het. Noa se termyn verstryk op 30 Junie. Eerste…
23 Jun 11AM 1 min

SA vakbond het vrae oor miljarde in verlore beleggings

Die Vereniging van Staatsamptenare vra ʼn dringende en onafhanklike forensiese ondersoek na verlore beleggings deur die Openbare Beleggingskorporasie. Die vakbond se Isibaya-fonds het meer as 18,2-miljard Suid-Afrikaanse rand in 23 maatskappye belê wat uiteindelik ʼn interne inkomstekoers van minus 100-persent aangeteken het. Dit beteken die beleggings het al hul waarde…
23 Jun 11AM 1 min

Grondwet beskerm almal, ook LGBT-gemeenskap

"Hold high the banners of liberty", lees die nuwe muurskildery by Sister Namibia se kantore, ter viering van Pride-maand in Junie. Sedert die skildery se onthulling het sosiale media op hol gegaan oor die gebruik van die bekende woorde in die Namibiese volkslied. Gedurende Junie het vele Afrika-lande egter selfdegeslag-verhoudinge…
23 Jun 10AM 1 min

Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?

Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra…
23 Jun 10AM 1 min

Weste sal moet sak skud oor slawehandel: ontleder

Reaksie word ontvang sedert president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ondertekening van 'n 19-punt-raamwerk vir formele verskonings, finansiële vergoeding en skuldverligting vanaf lande wat voordeel getrek het uit die trans-Atlantiese slawehandel. Die raamwerk wat in Accra, Ghana onderteken is, vra vir die stigting van 'n Global Reparations Fund, omvattende kansellasie van skuld…
23 Jun 10AM 1 min