Veldfiets: MotoCross-aksie vandag by Gallina

Loading player...
Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:
14 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Presidensie wys kritiek oor Tanzanië besoek van die hand

Die Presidensie het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan Tanzanië verdedig en sê dat bilaterale bande net sterker sal word ten spyte van kritiek van die IPC. Die opposisieparty sê die president moes die besoek gebruik het om beweerde menseregteskendings en die aanhouding van opposisieleier Tundu Lissu aan te spreek,…
23 Jun 3AM 1 min

Vandalisme by Gauteng se Agri-Parke bedreig opkomende boere

Die DA sê meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is verlore weens diefstal en vandalisme by Gauteng se Agri-Parke, wat voedselsekerheid en opkomende boere in gevaar stel. Die party sê infrastruktuur en toerusting by verskeie terreine is gesteel of vernietig, met herstelkoste wat op nagenoeg 950 000 rand geraam word…
23 Jun 3AM 1 min

|Khomanin oorhandig petisie aan Sankwasa, dreig ook regstappe

Die |Khomanin-tradisionele gemeenskap het Maandag hul petisie aan die minister van landelike ontwikkeling, James Sankwasa, ingehandig om die |Khomanin-hoof, Juliane Gawa-!Nas uit die posisie te verwyder. Volgens woordvoerder Shaun Gariseb, kan Gawa-!Nas nie rekenskap gee van 80 000 Namibiese dollar wat uit die Tradisionele Owerheid se trustfonds onttrek is nie…
23 Jun 3AM 1 min

GNU vra kalmte met 500 Malawiërs wat na Jhb hervestig is

Die regering doen 'n beroep op kalmte nadat nagenoeg 500 Malawiese burgers tydelik in 'n kerk in Newlands in Johannesburg gehuisves is. Dit volg na hul verskuiwing uit Kaapstad as deel van 'n gekoördineerde vrywillige terugkeerproses wat deur die Malawiese ambassade gereël is. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê die situasie…
23 Jun 3AM 1 min

Ampsklagkomitee dien verklaring in om Ramaphosa se aansoek te keer

Die ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, het gister amptelik ʼn beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om te keer dat die komitee met sy werk voortgaan, teen te staan. Die president soek ʼn interdik hangende die hersiening van die onafhanklike paneel se…
23 Jun 1AM 1 min