KRAG VAN DIE BYBEL - 66 - Oorvloed en Skaarsheid | Vrygewigheid, Angs en Lukas 12

Loading player...
In hierdie episode van Krag van die Bybel, ’n inspirerende Christelike podcast op Kaapse Kansel, gesels ons oor die Bybelse tema van oorvloed en skaarsheid en wat ware vrygewigheid beteken.

Ons begin met insigte uit die "The Bible Project Podcast" se reeks oor "Generosity" en ontdek hoe die Bybel God voorstel as ’n vrygewige Skepper wat ’n wêreld van oorvloed geskep het. Wat beteken dit om uit daardie oorvloed te leef – selfs in tye van ekonomiese druk, droogte en onsekerheid?

Daarna reflekteer ons op die Evangelie volgens Lukas 12 waar Jesus ons leer oor angs, vertroue, die voëls van die hemel en die lelies van die veld. Is Jesus naïef oor bekommernis? Of nooi Hy ons na ’n radikaal nuwe manier van leef – een van vertroue, hoop en vrygewigheid?

Luister nou na Krag van die Bybel en ontdek hoe om uit God se oorvloed te leef en met ’n oop hart te gee.
15 Feb Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KRAG VAN DIE BYBEL - 65 - Exodus, Pasga en Verlossing

In hierdie episode van Krag van die Bybel bespreek ons diep vrae uit Exodus en Genesis uit, insluitend die verband tussen die Pasga en Yom Kippur, die betekenis van Farao se verharde hart, en hoe die Uittog verbind word met geboorte-beeldspraak en wedergeboorte. Ons kyk na die rol van vroue…
8 Feb 1 hr 38 min