Ultimate belê miljoene in Kunene

Loading player...
Ultimate Safaris het in 2025 meer as 18 miljoen Namibiese dollar in gemeenskap - en bewaringsondersteuning in die Kunene-streek belê, met meer as 10 miljoen dollar wat in die Doro !Nawas-bewarea bestee is. Deur middel van sy Conservation Travel Foundation en vennootskappe met organisasies soos AfriCat en die Giraffe Conservation Foundation, ondersteun die maatskappy leeubeskerming, landelike skole, sonkrag, werkskepping en volhoubare toerisme. Besturende direkteur Tristan Cowley sê die doel is om 'n blywende nalatenskap te laat.
26 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EFF sal voortgaan ongeag sy vonnis, sê Julius

EFF-leier Julius Malema sê die party sal voortgaan ongeag die uitkoms van sy vonnisoplegging in die Oos-Londense Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap. Dit volg op sy voorvonnis-verrigtinge nadat hy skuldig bevind is aan oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Vonnisoplegging word môreoggend verwag. Malema, wat deur familielede ondersteun…
15 Apr 11AM 1 min

Engeland se Stokes ontken onmin met afrigter

Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, ontken gerugte van onmin met afrigter Brendon McCullum en sê hulle het 'n gedeelde visie vir die span. Hulle verhouding is onder die vergrootglas geplaas na Engeland se nederlaag van 4-1 in die stryd om die As in Australië. Hulle kontrakte strek tot volgende…
15 Apr 11AM 1 min

Ogilvy, The Collective bevorder plaaslike sport

Ogilvy Namibia het 'n vennootskap met The Collective aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Dit is 'n gesentraliseerde platform om spelers landwyd profesioneel te bestuur en sodoende beleggings in Namibiese sport in te vorder. Tydens die bekendstelling van die program het Hanjo de…
15 Apr 10AM 1 min

Orano-aanleg toe weens swaelopbloei, waterbeperkings geld

Inwoners van Swakopmund en nabygeleë gebiede moet gereed te maak vir wateronderbrekings nou en dan, met NamWater wat aangekondig het dat 'n swaelopbloei die Orano-ontsoutingsaanleg van baan gedwing het. Tydelike waterbeperkings is nou in plek om beperkte voorrade te beskerm en billike verspreiding te verseker. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata:
15 Apr 10AM 1 min