Nored-staking: MUN sê werkers het laas in 2018 verhoging ontvang

Loading player...
Werknemers van Nored het 'n staking begin en eis 'n salarisverhoging van 6 persent. Die waarnemende president van die Mynwerkersunie van Namibië, Mathew Mberiuana, sê Nored het werkers se salarisaanpassings sedert 2019 verwaarloos. Die laaste verhoging was 4 persent in 2018. Mberiuana het opgemerk dat die maatskappy onlangs 'n verhoging van 3 persent aangebied het, wat werkers as onbeduidend verwerp het te midde van stygende lewenskoste en kommoditeitspryse.
27 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag…
28 Feb 1AM 1 min

Verdrag van Walvisbaai vandag 32 jaar oud

Vandag 32 jaar gelede is die Verdrag van Walvisbaai in 1994 onderteken om die soewereiniteit van dié kusdorp en die 12 Pikkewyn-eilande amptelik van Suid-Afrika na Namibië oor te dra. Dit het 84 jaar van Suid-Afrikaanse beheer beëindig en die VN-Veiligheidsraad se Resolusie 432 van 1978 vervul, wat die hawe…
28 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Reho se eerste burger beïndruk met 'safety clusters'

Rehoboth se burgemeester Justin Coetzee het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit en eerstehands die probleme beleef wat deur veral drankmisbruik op die dorp veroorsaak word. Soos altyd, was Francois Lottering deel van die aksie en doen verslag van die toneel:
27 Feb 11PM 1 min

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min