Cyril stel paneel aan, las ondersoek na Will for Peace

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en ’n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die paneel sal die omstandighede rondom die oefening en die faktore wat bygedra het tot die versuim om die president se bevel te gehoorsaam, ondersoek en aanbevelings maak:
27 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verbasende bevindings met navorsing in Kunene-riviermond

Die Namibiese Natuurstigting is steeds besig met 'n studie om groenseeskilpad-bevolkings by die Kunene-riviermond te ondersoek. Voorlopige tellings het minstens 60 tot 70 groenseeskilpaaie binne slegs 500 meter van die riviermonding aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met navorser Francois Theart gepraat wat sê hierdie telling dui daarop dat die gebied…
15 Apr 6AM 1 min

Savanna se slagregte vorder goed, veral met sertifisering

Savanna Beef se uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte was 'n belangrike mylpaal vir Namibië se beesvleisbedryf. Verslagting vir uitvoere het Maandag, 13 April begin, na die verhandeling van slagregte op die NSX-platform. Dit was nog 'n eerste in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met…
15 Apr 6AM 1 min

Agtste energiekonferensie open in hoofstad

Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin. Dit is een van Namibië se belangrikste jaarlikse energiegeleenthede en is daarop gemik om beleidmakers, bedryfsleiers, beleggers en internasionale vennote bymekaar te bring om besprekings te voer oor die ontwikkelende energielandskap van die land. Die 2026-uitgawe fokus op Namibië se…
15 Apr 6AM 1 min

Nog belegging in mynwese sal nie werkskepping bevoordeel nie

Arbeidsdeskundiges het die regering se planne verwelkom om die mynbousektor te verander van die uitvoer van grondstowwe na 'n waardetoegevoegde model wat op plaaslike verwerking en eienaarskap fokus. Alhoewel mynbou meer as 13 persent tot die BBP bydra, beoog die owerhede om die uitvoer van verwerkte mineraalprodukte van 46,6 persent…
15 Apr 4AM 1 min

VF+ vra 14 dae se verlenging vir Geskiedeniskurrikulum insette

Die Vryheidsfront Plus het aan die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, geskryf en versoek dat die sperdatum vir openbare deelname oor voorgestelde veranderinge aan die Geskiedeniskurrikulum met 14 dae verleng word. Die departement oorweeg 'n verskuiwing weg van 'n Eurosentriese narratief na 'n meer Afrosentriese benadering, met groter fokus…
15 Apr 4AM 1 min