Trump dreig Iran met 20x hewiger aanvalle

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, waarsku Iran se poging om olie-verskeping deur die Seestraat van Hormuz te ontwrig, sal 'n reaksie ontlok 20 keer hewiger as vorige aanvalle. Iran se Revolusionêre Wag het gewaarsku indien die Israels-Amerikaanse aanvalle voortduur, hulle olie-verskeping sal verhoed op dié roete wat 20-persent van die wêreld se olie vervoer. Trump sê olievoorraad sal in die lange duur beduidend veiliger wees sonder Iranse skepe en missiele:
10 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Cat' Matlala oefen swygreg uit voor kommissie

Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala weier om vrae te beantwoord voor die Madlanga-kommissie wat hom moontlik kan benadeel. Dit handel veral oor die Medicare24-kontrak, wat die onderwerp is van hangende strafregtelike aanklagte. Die Polisiediens het sy onderneming gekontrakteer om gesondheids- en risikoverwante dienste te lewer, maar die tender is intussen…
17 Aug 9AM 1 min

Nasionale Raad kyk na parlementêre verslae, wetgewing

Die Nasionale Raad het amptelik sy tweede gewone sitting hervat, wat tot 28 Augustus sal duur. Met die opening van die sessie vanoggend het die voorsitter, Lukas Muha, lede van die raad se staande komitees versoek om partykleure opsy te sit wanneer hulle toesighoudende verantwoordelikhede uitvoer. Muha het lede ook…
17 Aug 9AM 1 min

SA moet ophou op mynbou staatmaak: BOSA

Build One SA sê die land se ekonomie berus op hulpbronontginning en is gebou om die verkoop van steenkool, platinum en ander minerale aan die res van die wêreld te fasiliteer. Suid-Afrika is een van die wêreld se grootste produsente van platinum, goud en chroom. Graham Charters van BOSA sê…
17 Aug 8AM 1 min

Personeelagentskappe 'sit armoede voort', hoor komitee

Vakbondaktivis Joseph Makanga het personeelagentskappe veroordeel en hulle blameer vir die voortsetting van armoede deur tot 30 persent van werkers se salarisse af te trek. In 'n toespraak voor die parlement se Staande Komitee oor Armoede-uitwissing, Arbeid en Industriële Verhoudinge het Makanga dringende wetgewende hervormings versoek om uitbuitende arbeidsmakelaars te…
17 Aug 8AM 1 min

SA-media moet meer ingelig oor migrasie berig

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Thandi Moraka, het die media gevra om ʼn meer ingeligte begrip van migrasie en streeksverhoudings te help bevorder. Sy het mense wat Suid-Afrika binnekom aangemoedig om immigrasiewette en -regulasies na te kom voor vandag se 46ste algemene vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in…
17 Aug 6AM 1 min