Iran ontken dat hy skietstilstand, onderhandelinge gevra het

Loading player...
Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het bewerings ontken dat Teheran vir onderhandeling of 'n wapenstilstand met die VSA gevra het. Dit volg nadat president Donald Trump gesê het Iran wou 'n ooreenkoms hê, maar hy was nie bereid om daartoe in te stem nie omdat die voorwaardes nie goed genoeg is nie. Araghchi het aan CBS gesê dis 'n oorlog van keuse deur Trump, die VSA en Israel, en dit sal duur solank as wat nodig is:
16 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit soek deursigtigheid met Denel-oudit

Die vakbond Solidariteit sê die wapenvervaardiger Denel se interne oudit na bestuurskwessies by Denel Pretoria Metal Pressings moet ten volle deursigtig en onafhanklik wees. Die vakbond waarsku vertragings en onvolledige verslagdoening kan die krisis by die staatsbeheerde wapenmaatskappy vererger. Derek Mans van Solidariteit sê kommer is in Januarie uitgespreek nadat…
12 Apr 4AM 1 min

Artemis II: 'Spesiaalste ding ooit,' sê bewoë Wiseman

Die vier ruimtevaarders wat op Nasa se Artemis II-sending om die maan gevlieg het, het ná hulle Saterdag suksesvol na die aarde teruggekeer het en met hul families herenig is, vir die eerste keer weer met die media in Houston, Texas gepraat. Hul nege dae lange reis het hulle verder…
12 Apr 3AM 1 min

Uerikua teer onthou by gedenkdiens

Politieke hoëlui, familie en vriende het Saterdag op Otjiwarongo saamgetrek om vir oulaas hulde aan wyle Swapo-parlementariër en ‘n voormalige goewerneur van Otjozondjupa, James Uerikua, te bring. Uerikua en sy 14-jarige seun is Paasvrydag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Otjiwarongo en Okakarara oorlede. Namibië se voormalige eerste dame,…
12 Apr 2AM 1 min

Vance verlaat Pakistan ná vredesonderhandelinge misluk

Saterdag se vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran in Pakistan het misluk. Iran blameer onredelike eise van Washington daarvoor, terwyl visepresident JD Vance van die VSA sê die Amerikaanse span was tegemoetkomend en buigsaam. Vance sê president Donald Trump het VSA-afgevaardigdes beopdrag om te goeder trou te onderhandel, maar geen vordering…
12 Apr 1AM 1 min

'Ek werk vir álle Suid-Afrikaners,' sê DA se Steenhuisen

Die uittredende DA-leier, John Steenhuisen, sê die party wat hy in 2019 geërf het, was op sy knieë, deurspek met verdeeldheid en 'n gebrek aan selfvertroue. Die party se tweedaagse verkiesingskongres, wat tans in Midrand, Gauteng, aan die gang is, sal óf die voorloper, Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, óf…
12 Apr 12AM 1 min