Borthwick glo steeds hy is regte man vir Engelse span

Loading player...
Engeland se afrigter, Steve Borthwick, hou vol hy is die regte man vir die werk. Engeland het vanjaar vier Sesnasies-wedstryde verloor en vyfde geëindig in hul swakste vertoning ooit. Frankryk is as kampioen gekroon. Die Engelse Rugbyvoetbalunie gaan nou Borthwick en die span se vertoning ontleed, maar die afrigter is oortuig hy is die regte man om die span vorentoe te lei met die oog op 2027 se Wêreldbekertoernooi:
16 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die nuus om 13:00

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.
20 Jun 6AM 2 min

Motoriste nie gekant teen veiligheid van voetgangers nie, sê Amushelelo

‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
20 Jun 6AM 1 min

Hisbolla skend skietstaking, sê Israel

Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
20 Jun 6AM 1 min

SA verskerp veldtog teen onwettige migrante

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
20 Jun 4AM 1 min

Intelligensie-grootkoppe kry 'uitstel' met arrestasies

Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
20 Jun 3AM 1 min