Tradisionele media sukkel op twee fronte

Loading player...
Tradisionele media sukkel in die digitale era... dink bietjie... wanneer laas het jy ‘n koerant gekoop? Senior kommunikasie-dosent by Nust dr. Phillip Santos en navorser Frederico Links het 'n studie gedoen oor persvryheid en eksistensiële bedreigings wat die tradisionele media tans ondervind. Onder die bedreigings is krimpende inkomste. Kosmos 94.1 Nuus het met Santos gepraat. Hy sê daar is direkte en indirekte bedreigings.
17 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA verskerp veldtog teen onwettige migrante

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
20 Jun 4AM 1 min

Intelligensie-grootkoppe kry 'uitstel' met arrestasies

Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
20 Jun 3AM 1 min

Bibbernaweek lê voor vir Namibiërs

Die land sal die naweek buitengewoon koue en nat toestande ervaar, gedryf deur 'n intense afsny-laedrukstelsel langs die kus. Die Namibiese Meteorologiese Diens se voorspeller, Albertina Anderson, sê swaar donderbuie en kitsvloede word in die suidelike streke verwag, terwyl die sentrale en oostelike dele geïsoleerde buie en skerp, ysige winde…
20 Jun 3AM 1 min

'Gryslysvry' groot hupstoot vir beleggersvertroue

Reaksie word ontvang nadat Namibië amptelik van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het die ontwikkeling verwelkom en die regering gelukgewens met die pogings om al die bekommernisse wat deur die taakmag geopper is, aan te spreek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
20 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Gru-ongeluk in Katutura

Copps 94.1, in samewerking met die stadspolisie, moes Vrydagaand bontstaan toe ‘n ernstige ongeluk in die hoofstad plaasgevind het. Buiten vir dié voorval, was die res van die aand relatief rustig met slegs voorstaandienste en ‘n enkele geval van huismoles. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op die toneel en…
20 Jun 12AM 1 min