AfriForum het 'n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van 'n hofbevel…
Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibia Bus and Taxi Association, Nabta, het kwessies soos tariewe, regulasies, veiligheid en die toekoms van openbare vervoer uitgelig as uitdagings waarmee die bedryf te kampe het. Hy het gepraat terwyl hy alle bus- en taxieienaars en -bestuurders oproep tot 'n konsultasievergadering by die Laerskool…
Kameroen het die nuwelinge Malawi met 3-0 verslaan en daarmee hul heel eerste Afrikabeker-titel vir vroue in Rabat, Marokko, verower. In 'n uitstekende vertoning in die eerste helfte het Marie Ngah twee doele aangeteken, met 'n derde deur Naomi Ndjoah Eto in ekstra tyd van die eerste helfte. Kameroen is…
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê laboratoriumtoetse het bevestig dat genetiese materiaal van die sardynherpesvirus teenwoordig is in getoetste sardyne. Janet Coetzee van die departement sê die virus is gevind in dooie sardyne en op laer vlakke ook in sommige oënskynlik gesonde sardyne wat aan die Weskus…
Stad Windhoek het te kampe met voortdurende vullisstorting en die stad is oor die algemeen vuil. Die stad se burgemeester, Sakarias Uunona, het sy skoonmaakveldtog by die Green Mountain-sokkerveld in die Samora Machel-kiesafdeling gelei onder die tema "Gaan Groen, Slaan die Plastiek Oor", met die klem op gemeenskapsbestuur en die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.