
Graad gevang ... wat nou?
Loading player...
Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1 Nuus het met sommige gegradueerdes gepraat wat sê om 'n werk met 'n graad te kry, is nie so maklik as wat dit behoort te wees nie.

