Ramaphosa vol vertroue oor Madlanga-kommissie

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê hy is gereeld in kontak met die Madlanga-kommissie se voorsitter, Mbuyiseli Madlanga, oor sy vordering met die ondersoek na vermeende politieke inmengery by die regstelsel. Ramaphosa sê tydlyne is vasgestel en effens verleng, met voortgesette besprekings van die kommissie se behoeftes. Hy sê hy het vertroue in die kommissie se sukses, en beklemtoon dat die regering voortgaan om die werk te ondersteun en aanspreeklikheid te verseker:
2 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA, Namibië 'moet vennootskap oor kritieke minerale bepaal'

Die groeiende Amerikaanse belangstelling in Namibië se kritieke minerale en energiesektor laat vrae ontstaan oor die aard van die verhouding tussen die twee lande. Die Amerikaanse ambassadeur John Giordano is reeds gekritiseer oor wat sommige beskou as aggressiewe druk vir Amerikaanse toegang tot hierdie hulpbronne. In 'n onderhoud met Kosmos…
15 Aug 3AM 1 min

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min

Madlanga-kommissie moet permanente waghond word: GOOD

Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet 'n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank…
15 Aug 2AM 1 min

Copps 94.1-span op hul pos, Windhoek rus

Dit was stil en rustig in die hoofstad op die Vrydagaand, en die Copps 94.1-span en die Stadspolisie het net een geval gehad waar hulp verleen is. Francois Lottering was soos altyd op die toneel en doen verslag.
15 Aug 12AM 1 min