MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

Loading player...
MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op die perseel sal moontlik maak. Hy het meer.
4 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min

Madlanga-kommissie moet permanente waghond word: GOOD

Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet 'n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank…
15 Aug 2AM 1 min

Copps 94.1-span op hul pos, Windhoek rus

Dit was stil en rustig in die hoofstad op die Vrydagaand, en die Copps 94.1-span en die Stadspolisie het net een geval gehad waar hulp verleen is. Francois Lottering was soos altyd op die toneel en doen verslag.
15 Aug 12AM 1 min

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min