Kimi vat sy derde in Miami

Loading player...
Mercedes-renjaer Kimi Antonelli het die Miami Grand Prix gewen en spog nou met sy derde agtereenvolgende wedren-sege. Die 19-jarige Italianer het Lando Norris van McLaren uitgestof en loop nou met 20 punte voor op die wêreldkampioenskap se punteleer. McLaren-renjaer Oscar Piastri is derde en Antonelli se spanmaat, George Russell, vierde. Max Verstappen van Red Bull is vyfde, ten spyte van ʼn boete van vyf sekondes omdat hy oor die wit streep by die kuipe-uitgang gery het. Antonelli sê dit was ʼn moeilike wedren:
4 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding…
15 Aug 2AM 1 min

Madlanga-kommissie moet permanente waghond word: GOOD

Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet 'n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank…
15 Aug 2AM 1 min

Copps 94.1-span op hul pos, Windhoek rus

Dit was stil en rustig in die hoofstad op die Vrydagaand, en die Copps 94.1-span en die Stadspolisie het net een geval gehad waar hulp verleen is. Francois Lottering was soos altyd op die toneel en doen verslag.
15 Aug 12AM 1 min

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min