Chennai Super Kings verslaan Delhi Capitals en gee uitspeel-hoop ’n hupstoot

Loading player...
Die vyfmalige kampioene, Chennai Super Kings, het die Delhi Capitals met agt paaltjies afgeransel en hul hoop om die Indiese Premierliga-uitspeelronde te haal, lewend gehou. Tristan Stubbs en Sameer Rizvi het ʼn vennootskap van 65-lopies op die sesde paaltjie behaal om die Capitals se telling van 155 vir sewe te verseker. Daarna het Sanju Samson ʼn onoorwonne 87 van 52 balle behaal en die Super Kings het die teiken maklik bereik met 15 balle oor. Samson sê hy wou eintlik 100 haal:
6 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti

Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak…
15 Jun 11AM 1 min

Eerste 1 140 Malawiërs wat wil huis toe was onwettig in SA

Die Departement van Binnelandse Sake sê die eerste 1 140 Malawiese burgers wat by 'n repatriasie-sentrum in Durban verwerk is, was onwettig in Suid-Afrika. Verskeie lande het altesaam 2 745 burgers na hulle lande teruggeneem sedert president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie en onwettige immigrasie vroeër die maand. Adjunkminister…
15 Jun 11AM 1 min

Kry kontant in 'n kits met 'WayaMe'

Namibië se kitsbetalingsoplossing het nou 'n publieke identiteit. Instant Payments Namibia het “WayaMe” onthul as die verbruikersgerigte handelsmerk van die land se nuwe kitsbetalingsplatform. Die naam is afgelei van die bekende frase "Wire Me" en sal by banke, e-beursies en betaalkanale verskyn soos die gefaseerde bekendstelling voortduur. Hoofbedryfsbeampte van Instant…
15 Jun 10AM 1 min