Rubio sê Epic Fury is verby

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die aanvanklike VSA-Israelse offensief teen Iran, "Operation Epic Fury", is verby nadat die doelwitte bereik is. Die operasie het op 28 Februarie begin toe die VSA en Israel 'n vlaag lugaanvalle teen Iran van stapel gestuur het. Teheran het gereageer deur die Straat van Hormuz te blokkeer, waardeur 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare aardgas gewoonlik beweeg. Rubio sê die aanvalle op Iran het groot skade aangerig aan hul ekonomie en verdedigingsvermoë:
6 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1-span op hul pos, Windhoek rus

Dit was stil en rustig in die hoofstad op die Vrydagaand, en die Copps 94.1-span en die Stadspolisie het net een geval gehad waar hulp verleen is. Francois Lottering was soos altyd op die toneel en doen verslag.
15 Aug 12AM 1 min

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min