Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het weer bevestig dat Suid-Afrikaners nie inherent teen mense van ander Afrikanasies is nie. Hy het gister in Pretoria met president Daniel Francisco Chapo van Mosambiek vergader, waar hulle uitgebreide gesprekke oor sake van gemeenskaplike belang gevoer het. Dit volg nadat Nigerië, Ghana en Mosambiek amptelik by die regering gekla het oor die manier waarop hul landsburgers te midde van xenofobiese spanning in die land behandel word. Ramaphosa sê hulle sal ʼn oplossing vind:
6 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1-span op hul pos, Windhoek rus

Dit was stil en rustig in die hoofstad op die Vrydagaand, en die Copps 94.1-span en die Stadspolisie het net een geval gehad waar hulp verleen is. Francois Lottering was soos altyd op die toneel en doen verslag.
15 Aug 12AM 1 min

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min