'Regering se BKS-inentingsveldtog sal misluk'

Loading player...
Die boere-inisiatief, FMD Response SA, sê daar is ʼn 90- tot 95-persent kans dat die regering se huidige bek-en-klouseer-inentingsveldtog sal misluk. Die regering sê hy wil teen Desember 80-persent van die land se beeste inent. FMD Response SA se voorsitter, Stephen Butt, het aan Business Day TV gesê die enigste manier om te keer dat die siekte versprei, is deur seker te maak die 14-miljoen beeste in die land word binne ses tot agt weke ingeënt om immuniteit teen die siekte te verseker:
7 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran wil IKT-produkte, -innovasies veilig laat toets

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beplan om 'n IKT-regulatoriese toetsomgewing te vestig om innovasie te ondersteun en die ontwikkeling van opkomende tegnologieë te versnel. Volgens Cran se markontwikkelingsontleder, Abraham Eita, sal die stelsel innoveerders, navorsers en besighede in staat stel om nuwe produkte en dienste in 'n beheerde omgewing onder…
15 Jun 8AM 1 min

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min