Windhoek wy Sonkragsentrum in

Loading player...
Die Stad Windhoek het amptelik die Windhoek Sonkragsentrum ingewy, 'n nuwe fasiliteit wat daarop gemik is om toegang tot hernubare energie te bevorder en die aanvaarding van sonkragtegnologieë regoor die hoofstad te ondersteun. Die sentrum in Ericksonstraat sal konsultasies, opleiding en leiding oor sonenergie-oplossings bied, met 'n besondere fokus op die verbetering van toegang vir gemeenskappe sonder elektrisiteit. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by energiekenner Harald Schütt, wat aan die konsultasies deelgeneem het, gekry.
7 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran wil IKT-produkte, -innovasies veilig laat toets

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beplan om 'n IKT-regulatoriese toetsomgewing te vestig om innovasie te ondersteun en die ontwikkeling van opkomende tegnologieë te versnel. Volgens Cran se markontwikkelingsontleder, Abraham Eita, sal die stelsel innoveerders, navorsers en besighede in staat stel om nuwe produkte en dienste in 'n beheerde omgewing onder…
15 Jun 8AM 1 min

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min