Onweer saai chaos op Tuinroete

Loading player...
Swaar reën en oorstromings het groot skade aangerig in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap. Meer as 200-millimeter reën is in die Bitou-munisipaliteit gemeet, insluitend 197-millimeter in Knysna. 'n Sewe-en-dertigjarige vrou is in die dorp dood toe 'n boom op haar motor geval het. Woordvoerder Herman Peters vra motoriste om hulle reise so ver moontlik te beperk, want verskeie paaie is oorstroom, baie glad of ontoeganklik, insluitend Meiringspoort en die Swartbergpas:
7 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min

Waar is die finansiering vir olie-infrastruktuur: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die land se gereedheid bevraagteken om die infrastruktuur te finansier wat nodig is om sy opkomende oliebedryf te ondersteun. Itula vra of daar 'n duidelike strategie is om toekomstige olie-inkomste te beskerm, en waarsku teen lenings teen hulpbronne wat nog ontgin moet word. Hy het vanoggend…
14 Aug 10AM 1 min