Iranse aanvalle 'bedreig internasionale vrede en veiligheid'

Loading player...
Die Verenigde Arabiese Emirate sê Iran se missiel- en hommeltuigaanvalle op sy buurlande en die teiken van handelskepe in die Straat van Hormuz is onwettig en roekeloos. Sy lugverdedigingstelsels het Maandag 12 Iranse ballistiese missiele, drie kruisermissiele en vier hommeltuie onderskep. 'n Brand het in die Fujairah-oliebedryfsone uitgebreek en drie burgerlikes beseer. Die VAE se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mohamed Abushahab, sê die aanvalle bedreig internasionale vrede en veiligheid:
7 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min

As Iran-VSA verstandhouding hou, kan herstel tot nege maande neem

Reaksie word ontvang oor oliepryse wat vanoggend tot die laagste vlak sedert Maart gedaal het nadat die Amerikaanse president Donald Trump en Iran se adjunkminister van buitelandse sake, Kazem Gharibabadi, gesê het dat hulle 'n aanvanklike ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig en verkeer deur die Straat van…
15 Jun 6AM 1 min