Zille kap Stad Johannesburg oor finansiële krisis

Loading player...
Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê die Stad het belangrike munisipale finansiële wette oortree en herhaalde waarskuwings deur die Nasionale Tesourie geïgnoreer. In 'n media-inligtingsessie het Zille gesê 'n brief van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verskeie oortredings uiteengesit, insluitend die goedkeuring van 'n onbefondsde begroting en die versuim om onreëlmatige en verkwistende besteding te voorkom. Sy waarsku hierdie oortredings kan die stad se finansiële krisis vererger en verdere ingryping deur Tesourie tot gevolg hê:
7 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min

Waar is die finansiering vir olie-infrastruktuur: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die land se gereedheid bevraagteken om die infrastruktuur te finansier wat nodig is om sy opkomende oliebedryf te ondersteun. Itula vra of daar 'n duidelike strategie is om toekomstige olie-inkomste te beskerm, en waarsku teen lenings teen hulpbronne wat nog ontgin moet word. Hy het vanoggend…
14 Aug 10AM 1 min