Trump heroorweeg vyandighede met Iran

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Amerika en Iran is op ʼn naaldpunt. Dit volg nadat hy Teheran se jongste teenvoorstel om vyandelikhede te beëindig, as eenvoudig onaanvaarbaar beskryf het. Amerika se memorandum van een bladsy met 14 punte sluit voorstelle in soos die beëindiging van Iran se uraanverryking en die herstel van vrye beweging deur die Straat van Hormuz. Trump het gister in die Withuis op vrae gereageer en sê hy glo ʼn diplomatieke oplossing is steeds moontlik:
12 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min

Waar is die finansiering vir olie-infrastruktuur: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die land se gereedheid bevraagteken om die infrastruktuur te finansier wat nodig is om sy opkomende oliebedryf te ondersteun. Itula vra of daar 'n duidelike strategie is om toekomstige olie-inkomste te beskerm, en waarsku teen lenings teen hulpbronne wat nog ontgin moet word. Hy het vanoggend…
14 Aug 10AM 1 min