Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
Motorsport: George Russell van Mercedes sê hy hoop om sy onlangse terugslae die naweek in die Catalunya Grand Prix in Barcelona om te keer. Hy het weens 'n tegniese probleem geen punte in Kanada aangeteken nie, en ook nie in Monaco nie ná 'n laat deurry-straf. Russell het 'n agterstand…
Inwoners van Swakopmund se Matutura- en Mondesa- woonbuurte word versoek om uitstaande munisipale rekeninge te vereffen, aangesien die munisipaliteit gereed maak om volgende week met waterontkoppelings te begin. Die ontkoppelings, gerig op agterstallige rekeninge, sal van Maandag, 15 Junie tot Donderdag, 18 Junie uitgevoer word. Munisipaliteitwoordvoerder Linda Mupupa sê dit…
Sowat twee weke nadat die regering die wêreldwye energiehandelaar Vitol as Namibië se enigste grootmaat-petroleumverskaffer van Julie tot September aangekondig het, verdedig Namcor die besluit. Namcor beskryf dit as 'n kommersieel voordelige reëling wat brandstofsekerheid sal versterk en verkrygingskoste sal verminder. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die ooreenkoms kom op 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.