Trump belowe vyfster-verhouding met China

Loading player...
President Xi Jinping sê China en Amerika moet vennote eerder as teenstanders wees. Hy en president Donald Trump het vandag in Beijing bilaterale gesprekke gevoer oor ekonomiese voordele, die handhawing van ʼn brose handelsooreenkoms en om kwessies soos die Iran-oorlog en wapenverkope aan Taiwan te bespreek. Trump het beloof dat die verhouding tussen China en Amerika beter as ooit sal wees. Hy is ook positief oor sy verhouding met president Xi:
14 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sekere posisies gee All Blacks-afrigter hoofbrekens

Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir…
14 Aug 11AM 1 min

Veldbrand-risiko hoog, tref só voorsorg

Die land staar vanjaar 'n buitengewoon hoë veldbrandrisiko in die gesig, met boere wat aangespoor word om ekstra voorsorgmaatreëls te tref terwyl hulle droë gras skoonmaak voor 'n moontlike El Niño-seisoen. Die waarskuwing kom van Eck Volkmann, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat sê dat verskeie brande reeds die…
14 Aug 11AM 1 min

Kabinet keur Openbare Batebestuursagentskap goed

Die kabinet het die stigting van die Openbare Batebestuursagentskap, of Pama goedgekeur, wat staatsbates van meer as 179 miljard Namibiese dollar geregistreer het. Werkeminister Veikko Nekundi het 'n tussentydse raad van vyf lede aangestel om die kommersieel gedrewe entiteit operasioneel te maak. Die raad sal aanvanklik die regering se residensiële…
14 Aug 10AM 1 min

Waar is die finansiering vir olie-infrastruktuur: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die land se gereedheid bevraagteken om die infrastruktuur te finansier wat nodig is om sy opkomende oliebedryf te ondersteun. Itula vra of daar 'n duidelike strategie is om toekomstige olie-inkomste te beskerm, en waarsku teen lenings teen hulpbronne wat nog ontgin moet word. Hy het vanoggend…
14 Aug 10AM 1 min