Huurwet broodnodig, na 8 jaar, met toenemende huurbedrog

Loading player...
Huurbedrog, veral in Windhoek en Swakopmund, is aan die toeneem omdat bedrieërs die hoë vraag na bekostigbare behuising uitbuit. Hulle doen hulle dikwels voor as wettige verhuurders of eiendomsagente om slagoffers deur middel van verskeie sleuteltaktieke te bedrieg. Kenners meen dat wetgewing kort en die huurbeheer-wetgewing wat in die vorige parlementsjaar ter tafel gelê is, terug op die tafel moet wees. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, parlementslid van die AR-beweging gepraat.
19 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede

Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van…
19 Oct 2AM 1 min

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min