Beleggings vir regeringskuld is goed, maar ook sleg

Loading player...
Die finansministerie, deur die Bank van Namibië, gaan Woensdag mark toe om gewone en institusionele beleggers te vra om hul beleggings in die GC27-staatseffek in ‘n uitruilveiling na nuwe, langer-termyn staatseffekte te skuif. Die regering skuld 6,6 miljard Namibiese dollar deur die GC27, wat volgende jaar betaalbaar is wanneer dié staatseffek verval. Kosmos 94.1 Nuus het Romé Mostert, medestigter van Cirrus Capital, gevra presies wat dié skuif beteken:
19 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min