Wes-Kaap verwag knou aan landbou-ekonomie na storms

Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê hy evalueer tans die beduidende uitwerking van die gure weersomstandighede wat die provinsie verlede week geteister het. 'n Reeks hewige kouefronte het gelei tot wydverspreide oorstromings, infrastruktuurskade en ontwrigting van boerderygemeenskappe wat die lewens van elf mense geëis het. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die gevolge sal na verwagting die provinsie se landbou-ekonomie raak, veral vrugte- en wyn-uitvoer-voorsieningskettings:
19 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min