BoN reik skatwissels uit om N$1,5 miljard vir GRN in te samel

Loading player...
Die regering hoop om môre sowat 1,5 miljard Namibiese dollar by die mark te leen deur ‘n veiling van skatwissels wat deur die Bank van Namibië aangebied word. Die termyn van dié skuldbriewe wissel van net meer as drie maande tot net minder as ‘n jaar. Deur die skatwissel van 91 dae hoop die finansministerie om 400 miljoen dollar te leen, terwyl 290 miljoen met die skatwissel van 182 dae geteiken word. Met die wissel van 273 dae, soek die regering 390 miljoen dollar, terwyl 425 miljoen dollar se skuldbriewe met ‘n termyn van 364 dae opgeveil sal word. Kosmos 94.1 Nuus het Romé Mostert, medestigter van Cirrus Capital, gevra hoekom die regering skatwissels moet uitreik:
20 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min