Sonder bye eet ons nie

Loading player...
Wêreld-byedag word vandag gevier. Hierdie internasionale viering beklemtoon die kritieke rol wat bye en ander bestuiwers speel in die handhawing van biodiversiteit, die versekering van globale voedselsekerheid en die ondersteuning van volhoubare landbou. Dr. Baby Kuarivi van Unam en lid van die Namibiese Bye-organisasie verduidelik die belangrike rol van bye in die omgewing.
20 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min