Swart bemagtiging laat krimp SA-mynbou

Loading player...
Die vakbond Solidariteit het president Cyril Ramaphosa se verdediging van swart ekonomiese bemagtiging in die mynbousektor gekritiseer. Die vakbond se nuwe verslag dui daarop dat die mynbousektor sedert 1994 aansienlik gekrimp het, met werkverliese en verminderde produksie. Hy voer aan die huidige transformasiebeleide beperk groei en belegging. Theuns du Buisson van Solidariteit voer aan die voordele van swart ekonomiese bemagtiging het grootliks na 'n klein elite groepie gegaan, terwyl gewone werkers beperkte voordele gesien het:
20 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja-gemeenskap woedend oor teruggetrekte saak

Inwoners van Okahandja het Donderdag na die polisiestasie opgeruk om te pleit vir die onmiddellike hervatting van 'n poging tot moord-saak wat verband hou met Da Silva Gowases, wat deur 'n kroegeienaar wreed met 'n panga aangerand is oor 'n beweerde gesteelde selfoon. Betogers het die verwydering van die aanklaer…
14 Aug 10AM 1 min

Israel verwerp term 'setlaarsgeweld', sê dis uittartend

Israel se ambassadeur in die Verenigde Nasies, Danny Danon, verwerp die standpunt dat nedersettings 'n struikelblok vir vrede is. Die VN se Veiligheidsraad is bekommerd oor toenemende setlaarsgeweld, die sloop van geboue en die ontworteling van Palestynse burgerlikes in die besette Wesoewer. Alle Israelse nedersettings word volgens internasionale reg as…
14 Aug 9AM 1 min

Dobbelaars moet huis-finansies beskerm: Dobbelraad

Die Nasionale Dobbelraad maan landsburgers om hul huishoudelike finansies te beskerm en versigtig te wees wanneer hulle dobbel. Volgens Ou Mutual se jongste spaar- en beleggingsmonitor dobbel 53-persent werkende Suid-Afrikaners, terwyl 42-persent sê hulle dobbel dikwels om uitgawes of skuld te dek. Sportweddenskappe is die algemeenste dobbelgewoonte, gevolg deur slotmasjiene…
14 Aug 9AM 1 min

Madlanga gaan klagte lê teen Carrim

Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte lê teen die Noordwes-sakeman Suliman Carrim, nadat hy weer afwesig was. Hy is die eerste getuie wat verwys word na die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy getuienis is sedert April reeds vyf keer uitgestel en sy regsverteenwoordigers voer sy mediese toestand as rede aan. Getuienisleiers het sy…
14 Aug 8AM 1 min

Nehale-, Niilenge-oorskot kom op 21 Augustus huis toe

'n Opgrawings- en repatriasieprogram is tans in Kaapstad aan die gang om die oorskot van voormalige Namibiese Robbeneiland-gevangenes Simon Niilenge en Festus Nehale terug te besorg. Die direkteur van Nasionale Erfenis en Kultuur, Manfred !Gaeb, 'n senior lid van die afvaardiging, sê hul oorskot, insluitend ander voorvaderlike oorskot, sal aan…
14 Aug 8AM 1 min