WGO het kommer oor Ebola-syfers

Loading player...
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, is bekommerd oor die spoed en omvang van die Ebola-epidemie in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda. Daar was 131 sterftes wat met die uitbreking verband hou. Die WGO het die uitbreking tot 'n internasionale noodgeval verklaar. Ghebreyesus sê die aantal gevalle en sterftes sal verminder namate veldbedrywighede verskerp word, insluitend die versterking van toesig, kontakopsporing en laboratoriumtoetse:
20 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min