San Diego-skieters het klomp gelowe en rasse gehaat

Loading player...
Die polisie het die twee tieners wat betrokke was by die noodlottige skietvoorval by die Islamitiese sentrum van San Diego geïdentifiseer as die 17-jarige Cain Clark en 18-jarige Caleb Vasquez. Vyf mense, insluitend die twee aanvallers, is Maandag in die voorval dood. Die verdagtes is in ʼn voertuig naby die moskee aangetref waar hulle vermoedelik selfdood gepleeg het. San Diego se FBI-verteenwoordiger, Mark Remily, sê Clark en Vasquez het glo talle godsdienste en rassegroepe gehaat:
20 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min