Skole in die Wes-Kaap loop deur onder misdadigheid

Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly en misdadigheid by skole aan te meld. Dit volg na 'n toename in vandalisme en diefstal by skole regoor die provinsie, insluitend 'n onlangse inbraak by Sir Lowry's Pass Laerskool, waar die diefstal van toerusting en ander skade van nagenoeg 72 000 Suid-Afrikaanse rand aangerig is. Peter Johnson van die DA sê herhaalde voorvalle kos skole honderde-duisende-rand en ontwrig onderrig en leer:
20 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min