Kommer oor verkeersbeamptes se afpersing, magsmisbruik

Loading player...
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid is erg bekommerd oor die inhegtenisneming van twee verkeersbeamptes wat van afpersing en korrupsie in Benoni beskuldig word. Daar word beweer hulle het hul diensposte verlaat , 'n voertuig met vals nommerplate gebruik en vier-duisend-rand van 'n huiswerker geëis om inhegtenisneming te vermy. Ofentse Morwane van die departement sê die beweerde gedrag is 'n ernstige misbruik van mag:
5 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koalisies in SA verkiesings verwag

Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
18 Oct 3AM 1 min

IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen

Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die…
18 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak…
18 Oct 1AM 1 min

BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere

Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en die opsporing van…
18 Oct 1AM 1 min

Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek

Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë…
18 Oct 12AM 1 min