SA kabinet keur R95m vir Ebola goed

Loading player...
Die kabinet het Suid-Afrika se belofte van ongeveer 95 miljoen rand goedgekeur om 'n reaksieplan dwarsoor die vasteland te ondersteun. Dit volg na die Ebola-uitbreking in dele van die DRK en Uganda. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die fondse sal bydra tot voorbereidings- en reaksiepogings regoor Afrika. Ntshavheni het Suid-Afrikaners gerusgestel daar is geen Ebola-risiko in Suid-Afrika nie:
6 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitgelekte epos wys hoe amptenaar vir boere met BKS lag

AfriForum is ontstel nadat 'n uitgelekde epos wys hoe 'n senioramptenaar in die Departement van Landbou boere spot wat tydens die bek-en-klouseer-uitbreking om hulp vra. Die burgerregte-organisasie sê die regering was te stadig om op te tree en hou te veel beheer oor entstowwe. Lambert de Klerk van AfriForum wil…
11 Jun 1AM 1 min

PG-werwing nou kontroversieel

Die werwingsproses om Namibië se volgende aanklaer-generaal aan te stel, is in kontroversie gedompel na bewerings van kandidate dat die Regterlike Dienskommissie hulle getoets het op materiaal wat heeltemal verskil van die verskafde onderhoudsomvang. Dit volgens Namibian Sun. Dus het die kommissie besluit om die werwingsproses oor te beginVan die…
11 Jun 1AM 1 min

Nog twee voertuie skryf vir Tara in

Nog voertuie het ingeskryf vir die 56ste Tara Shell V-Power-tydren. Dit begin vanaand om agtuur by die Tony Rust-renbaan met die eerste twee trajekte. Francois Lottering het meer.
11 Jun 1AM 1 min

Moorde in Windhoek is af maar gewapende roof is op

Misdaad in Windhoek toon gemengde tendense in 2026, met moorde, rooftogte en inbrake wat afneem, maar gewapende rooftogte, voertuigdiefstal en ernstige aanrandingsake wat toeneem. Volgens Stad Windhoek het die stad 'n daling van 14 persent in moorde gedurende die eerste vyf maande van die jaar aangeteken, terwyl verbeterde veiligheidsbewustheid en…
11 Jun 1AM 1 min

Brandstof: Minister se riglyne is verhewe bo Staatskoerant

Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy vyfjaarverbod op Nasan Energies om brandstof van Vitol te verkry is steeds onder appèl, ten spyte van 'n regeringsopdrag wat Vitol as 'n belangrike brandstofverskaffer aan die plaaslike mark benoem. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, sê die samesmeltingsvoorwaardes vir Nasan se verkryging van 52…
11 Jun 12AM 1 min