
Gesondheidswerkers glo volgende week betaal
Loading player...
Ná maande van vertraagde oortydbetalings, is gesondheidswerkers in die Otjozondjupa-streek verseker dat hul uitstaande betalings volgende week verwerk sal word. Die versekering volg op groeiende frustrasie onder personeel, veral by die Okahandja-staatshospitaal, waar werknemers hul kommer in die openbaar uitgespreek het. Gemeenskapsaktivis Johannes |Gaseb, wat die betrokke werkers verteenwoordig, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die groep positiewe terugvoer van die streek se gesondheidsdirekteur, Gebhardo Timotheus, ontvang het.

