
Lenacapavir draaipunt vir MIV/vigs in SA, sê Ramaphosa
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die bekendstelling van Lenacapavir beskryf as 'n vername draaipunt in Suid-Afrika se stryd teen MIV/Vigs. Hy het tydens die geleentheid in Secunda, Mpumalanga, gesê die deurbraak verteenwoordig 'n oorwinning vir die wetenskap met hoop en vernuwing om lewens te red. Ramaphosa het die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, geloof vir Suid-Afrika se lisensie-ooreenkoms. Hy glo die land beweeg nader aan die einde van die MIV/Vigs-pandemie:

